Jongste aktiwiteit:

Groen voete

Die oggendson skyn weerbarstig deur my kamer se venster, en ek strek my lui-lui uit nog effens moeg om op te staan in die Sondag. Laasnag was ‘n partytjie iewers tot laat aan die gang, maar hoe dan nou anders lente is mos ‘n seisoen van musiek en jolyt!

Met ‘n glasie droë rooiwyn, en die twee katte langs my gee ek toe maar so onderstebo glimlag. Die nag’geluide is besonders mooi vanaand, ‘n paar luidrugtige krieke, en die geskree van ‘n voël in die verte bring egter verlange na vore.

En in my stilligheid hoop ek met ‘n nuwe hart dat die lente mooi sal wees. Vol van die mooiste blomme, waar vlinders in kan baljaar. Waarin ek net die sag sal voel, waarin gister se koue winter net heeltemal sal verdwyn. En ek draai my glimlag reg, en kyk op na bo, als wat onderstebo gevoel het voel skielik weer goed.

Met ‘n vrolike gemoed groet ek die nag, dankie Here vir nog ‘n lente in my lewe. Soet drome en geurige beloftes vou voor my oop…ek spring uit die bed trek my bontste klere aan, met grasgroen tekkies wat oopmond lag.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed