Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Grashalm groet

Deur Cornien
Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 Aantal woorde: 95 1232 Kere gelees 16

Vlamkleurig hang pop’lier en esdoring blaar –
helder geel en rooi getooi tot brons en goud,
versadigend gelouter in laaste sonstraal,
voordat blaarsteel kurkagtig en koud
die laaste lewenslyn in elk’ binne aar afsny
en boom skelet-kaal vinger wys na hemel blou
en winter skelm wit sy intrek kry,
nog voordat alles verkluim in grou
bleek tot spierwit niks… waai
‘n see van grashalms met ‘n laaste groet,
sodat seisoen sy gesig kan draai
en teen sy bors rus vir oulaas… sy son hoed,
so rus ons liefde in amber afwagting
totdat dit weer ontspring.




TEMAS
6 Kommentaar
  1. Anze

    30 Maart 2016

    dis die mooiste woordskildery! Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die herfs projek

  2. Viooltjie

    30 Maart 2016

    baie goed gedoen, die opdrag goed uitgevoer 🙂

  3. Evelyn van der Merwe

    30 Maart 2016

    versadigend gelouter in laaste sonstraal

    Hou hiervan. Voortreflik beskryf.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 128
Kommentaar telling: 87

Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 54 gaste aanlyn

Bydrae Totale