Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Goue hen

Deur Palet
Datum gepubliseer: 13 Maart 2019 Aantal woorde: 990 117 Kere gelees 1

Eendag was daar ‘n seuntjie sy naam was Johan, hy het saam sy ma onder aan die voet van ‘n baie hoê berg gebly. Hy was nog nie in die skool nie, en het sy ma elke dag gehelp met huis takies. Hulle het paar bokke gehad wat hy moes versorg, en ook elke oggend vroeg moes hy die eiers uit die hoenderhok gaan haal. Sy ma was baie kwaai, gereeld het hy raas gekry en pak ook. Daar was maar min tyd om by sy vriende onder in die dorp te gaan speel, hy het al gedink hy is aangeneem, en nie sy ma se eie kind nie. Hy lyk glad nie soos sy nie, en wanneer hy haar vra om vir hom te vertel van sy pa, dan weier sy net.

Hy wens hy kan wegloop, dit is nie lekker hier nie. Hy soek ‘n ander ma en pa en sommer boeties en sussies ook. Een oggend baie vroeg pak hy vir hom kos en gryp klere prop dit in ‘n sak, en sluip by die huis uit. Hy hardloop sommer enige rigting in, net solank hy weg kan kom van die huis af. Laat die middag sien hy ‘n voetpaadjie wat teen die berg uitloop, hy wonder waar gaan die paadjie heen. Vinnig kyk hy oor sy skouer of sy ma nie hom volg nie, maar hy sien haar nie.

Hy begin loop teen die berg op, hy loop baie lank en voel later moeg. Nadat hy van sy kos ge eet het gaan lê hy onder ‘n boom, en nie lank nie of hy slaap. Hy droom hy klim verder teen die berg uit , en dan sien hy ‘n groot kasteel met die mooiste grootste tuin wat hy nog ooit gesien het… ‘n Voëltjie fluit hard bo in die boom, en hy skrik wakker. Dit is al laat, die son begin al sak, Johan vat sy sak en stap verder. Hy volg die voëltjie, dit is ‘n mooi kleurvolle voeltjie met ‘n baie lang stert. Skielik begin alles ander lyk, die bome lyk langer, die gras groener, die wolke lyk soos watte dis sag en dryf laag oor die berg. Hy voel effens bang, hoor allerhande snaakse geluide dalk die wind dink hy by homself. Dan sien hy ‘n lang leer, hy kan nie die einde sien nie.

Dit voel vir hom of hy vir dae gekilm het, sy bene is baie seer en hy is doodmoeg. Dan sien hy die kasteel, net soos hy gedroom het. Hy loop versigtig nader, en gaan by ‘n groot deur in. Alles is baie groot, die stoele en tafels is so hoog hy kan nie eers daarop sit nie. Hy glip by ‘n kamer in en gaan kruip onder die bed weg, swaar voetstappe kom al nader en nader. Hy hoor hoe iemand hoes, dit klink soos ‘n aardbewing. ‘n Gedreun en gerammel en alles bewe. Johan loer versigtig onder die bed uit, en skrik baie groot toe hy die reus sien. Hy het lang wit hare en sy skoene lyk soos roei bote, sy hande is so groot soos ‘n groot sambreel. Die reus val op die bed neer en begin snork.

Johan kruip onder die bed uit en hardloop by die deur uit. Hy hoop nie die reus hoor of ruik hom nie, met so groot neus ruik hy iets van ver af. Hy hoor iemand skree, en hoe nader hy kom hoe meer hoor hy stemme. Daar is ‘n groot kamer, maar die deur is gesluit. Hy probeer onder deur die deur loer, en sien baie kinders. Nou voel hy baie benoud, al die kinders is gevange geneem.

“Help! Hoor hy iemand gil

Dis ‘n klein dogtertjie wat ook onderdeur die deur loer, sy lyk vuil, en haar klere is vol stof en stukkend.

‘Hallo, ek is Johan. Waarom is julle almal in die kamer toegesluit?”

“Die nare ou reus het ons gevang, hy eet kinders!” skree ‘n seuntjie.

“Jy beter gaan wegkuip,” waarsku hy Johan.

Die volgende oomblik hoor hy die reus se voetstappe, hy kruip onder ‘n kas in en lê doodstil. Hy pluk ‘n dogtertjie uit die kamer, en gee vir haar ‘n besem. Vee oral onder die kaste, ek’s te groot ek kan nie daar bykom. Sy vee oral, en toe sy by Johan kom skrik sy baie groot.

“Met wie praat jy daar?”, vra die reus.

“Ek praat sommer met myself,” sê die dogtertjie met ‘n bewerige stemmetjie.

Toe sy klaar is sluit die reus haar weer toe in die kamer. Johan se skoen steek uit onder die kas en die reus sien dit. Hy trek hom onder die kas uit, en loop tot by die groot tafel waarop hy Johan neersit. Dit is baie hoog, hy kan nie daar afspring nie. Die reus kyk na hom, en toe hy praat voel dit soos ‘n sterk wind wat hom wil omwaai. Sy asem stink erg, Johan raak naar van dit.

“Wat maak ek met jou?” vra die reus.

‘Ek sal enige iets doen, laat my net asb vry,” smeek Johan.

Die reus gooi Johan ook in die kamer waar al die kinders is, hy het toe hy op die tafel gestaan het ‘n groot sleutel uit die reus se sak gevat. Daardie nag sluit hy die deur versigtig oop, al die kinders volg hom. Toe hulle buite is sien hulle ‘n hen wat goue eiers lê, Johan vang die hen, en druk haar in sy sak. Toe dit dag word is al die kinders veilig onder teen die berg, almal hardloop na hulle ouers toe. Hulle sal nooit weer stout wees, of van die huis af wegloop nie.

Johan se ma het van daardie dag af verander, sy het mooi met hom gepraat, en hy het nie weer pak gekry nie. Die hen het elke dag ‘n goue eier gelê, hy en sy ma het baie ryk geword.




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. Anze

      Maart 13, 2019

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek

    2. Kiekies

      Maart 14, 2019

      Mmmm mens moet eers iets verloor voor jy dit waardeer.

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 333
    Kommentaar telling: 343

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 2,809 gaste aanlyn

    Bydrae Totale