Jongste aktiwiteit:

GORREL: MY GROOTSTE IRRITASIE

GORREL DIE IRRITASIE
Deur: Elsa Meintjes (Dis my eerste inskrywing, nog geen ster status)
Woorde: 386

Klanke van kuggies en keel skoonmaak rol die raadsaal binne en dis oppad in my rigting. Die grootste irritasie vir my op aarde het weer soos elke Woensdagoggend werklikheid geword! Dit maak nie saak waar ek my plek inneem vir die weeklikse voorlegging in die raadsaal nie, dié irritasie volg my, toets my geduld! Die groot gestalte met sy bleskop maak hom links van my tuis. Gewapen met 2 borde soutigheid, koeksisters en ‘n yslike sny sjokolade koek. Vir die gewone mens, ‘n voorraad vir ‘n week!
“Goeiemôre juffrou. Wat ‘n heerlike oggend.” Ek knik en sien hoe die lekkernye teen ‘n spoed van lig verdwyn! In my gedagtes speel die teenoorgestelde van ‘n heerlike oggend af. ‘n Oorweldige opstandigheid oorval my. Dis die een gewoonte by sommige mense wat my ingewande laat opkrul, die reaksie van ‘n swart renoster wil laat oorneem. ‘n Dier wat eers storm en dan kyk waar die gevaar vandaan kom. Dit gaan ‘n baie lang oggend wees want dié meneer hier langs my hou nie terug nie!
Klokslag 5 minute nadat hy die laaste koeksister afgesluk het begin die ritueel. Saggies begin die klanke van keel skoonmaak, dan die eerste kuggie. Soos die sekondes aanstap, begin hy meer spoed en volume optel. Die opstandigheid in my liggaam staan glad nie terug nie. Die ritme en erns waarmee hy die proses uitvoer raak al hoe meer intens. Ek stoot my waterglas in sy rigting sonder om oogkontak te maak. Met een lang teug verdwyn die water. Ek skep moed.. dan kom ‘n nuwe aanslag. Met dieper, amper dreigende klanke word die ritueel herhaal wat nou ook ‘n snuif insluit. Dan die klimaks.. ‘n hoesbui! . Hy verander van posisie.. dan begin dit weer van vooraf.
Van ergelikheid skuif ek ongemaklik rond, die frons op my voorkop verdiep. My konsentrasie is verlore by die voorlegging. Die papier waarop ek veronderstel is om notas neer te skryf is in ‘n stywe balletjie gefrommel. Gereed om dit prakties te gebruik!
Hierdie irritasie vind my in ‘n geselskap, in ‘n ry oppad na die teller in ‘n winkel, voor, agter of langs my in die teater. My gedagtes worstel met hoekom ek so gestraf word. Dalk is dit die goeie Vader se manier om my meer geduld te leer. Wie sal weet!!




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed