Jongste aktiwiteit:

Goodbye Blues

Met ‘n lem
of ‘n kapsule
word ‘n asem verewig
gestoor onder die
getuienes van die sterre.

Die bloedjonges by die
huis wonder elke sekonde
waar hul mammie is
wat stories vertel en
soentjies blaas.

Niemand kan verduidelik
dat sy die ewige se
langvingers geroep
het met ‘n soekende
stem nie.

Geen meer ‘ek’s lief vir jou’s,
nooit weer ‘n glimlag of
pleistertjie vir die eina nie,
want mammie het finaal
goodbye gefluister.

Wanneer hul terug dink
onthou hul die toegknypde
oë wat die trane probeer
verskuil toe mammie hul
groet.

Soos die tyd verby vlieg
vergeet hul mammie se
stem en al wat hul het
is ‘selfmoord’, laaste foto
en goodbye blues.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed