Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Goliat

Deur Wilfred Funchal
Datum gepubliseer: 26 September 2019 Aantal woorde: 297 94 Kere gelees 2

Goliat
Tree vir tree tussen die skare stap hy nader
daar waar almal kuier, raas en skertsend vergader
moet hy nog een keer toegee aan hierdie strewe
is hierdie nie dalk, net die Goliat in sy mislukte lewe

hy val dieper en dieper in die donkerte af en af
as hy net kon praat, maar dit klink ewig soos kaf
wrede, goor, gedagtes wat sy hele wese omvou
dis net die laagste vlak in die tonnel wat hy onthou

ek het geld, ek het roem, ja, almal wat ek ken, se eer
daar is niks in die lewe wat ek skort, hoekom het ek seer
niks kan ek betaal, niks wat ek doen, kan die Goliat keer,
dit is hy wat op my teer, in my stilte, my gedagtes beheer

sonder geld, sonder vriende, sonder skerts en lekker kuier
sleg, sleg, minderwaardig is jy, ja, eintlik, seker ‘n miskruier
Goliat! Goliat! Jy vernietig my, jy daag my uit met verkeerde rede
al wat ek vra, al wat ek smeek is, ‘n lewe van liefde met vrede

as ek net een ou klippie kon kry, om hom dood te gooi
die Goliat in my lewe, wat al die ander dink is mooi
dalk eerder soos Dawid, vyf klippes en ‘n slingervel
weet al hierdie mense dan nie, my hele lewe is ‘n hel

ek sluit my oë, ek sien weer die ou, ou ruwe kruis
ek hoor die soldate, dit raas, ‘n doringkroon, my ore druis
duisternis heers, Sy laaste asem,‘n klip word voor die graf gerol
dire dae later, die graf is leeg, dit basuin, Hy het waarlik opgestaan

dankie, dankie. Ek vra nog steeds, net een klippie, vir die Gloiat
‘n sagte stem….JESUS wat sê,,Ek het jou Goliat reeds oorwin!

Kopiereg ©Willy Funchal




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 22
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 52 gaste aanlyn

Bydrae Totale