Titel: Gevolge
Deur RonnieHopie sand
asemteugkorrels
afgemeet, opgeteken, gepunt – nie
ʼn enkel korrel meer, nie ʼn enkel korrel minder
eerste skree
deur baarmoederbloed
eerste korrel tregter drakonies –
korrel per asemteug, heilige verbond beseël,
geen verdere addendum
bliksemstraal, donderweer …
vloedwater verkwisting en
lamenteer, jeremieer …
sondige verbeuselling
Veinsaard joel,
verlok verlore kind onafgebroke
kom, verknoei sandkorrels
met bliksemstraal en donderweer
met lamenteer en jeremieer
tot laaste korrel tregterval
en hy onstoflike deel
sekwestreer
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek – TYD