Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Gesprek met God

Deur Inblueink
Datum gepubliseer: 24 Maart 2019 Aantal woorde: 520 214 Kere gelees 3

ek sit op die muur om stil te word
om na aan natuur te voel
om die see te sien
die sout op my tong te proe
laat die gety oor gebeur en leef kan spoel
hier waar werk toe se blou  vervang is met grys
die skepping het nou n beton randjie om 
mure en skanse om natuur buite hou
ek sê dankie vir die more
en alles en almal en genade onbeskryflik groot
verwoord onsekerheid oor die pad vorentoe
moet ek of moet ek nie
maak my my hart en my oe oop laat my hoor
is dit die regte pad
U pad vir my
hy kom staan langs my
maande se leef sit nog aan sy lyf en sy klere
irriteer my neus en vir my
ag nee man ek bid 
bid dan tog daarrrr virrr n brrroodjie n ietsiekie virrrr Rrrewaan ook mevrrrou
ek het pas gebid vir n oop hart en oë
ek kyk vir Rewaan
ek hoor hy vra vir brood
die honger sigbaar in sy oe en bewende hande….
vertel vir my van jou pad waag ek
hoe het jy hier gekom
jy lyk dan nog so jonk
dies voerrruitgang mevrrrrou
rol hy die wrede waarheid in die ope
mevrrrou sien….
ons het mos hierrr ko werrrk virrie missepaal kjind gekrrry en als het mooi voerruit geloep
totlat daai grrroooot masjiene kom
sien mevrrrou
diese see hierrr by ons het mos n nuwe muurrrrtjie gekrrrry….
nous daarrr niks mee sand innie pad as die gety sprrring of die suidoos sing….
toe sê missapaal ek moet loep hulle het nou n muurrr hulle norrrigie mee virrr my
hierrrie muurrr mevrrrou
hy het my vrrrou my kjind en my brrrrood kom vat
voel kom sit branderig agter my oe
warm eet en drink is maklik maar sê vir my hoe help ek vir jou
wat het jy nodig Rewaan
sy oe verlig
taxi oorrrie pas mevrrrou seblief
taxi Hawston toe
tot by myse ma en my vrrrou en kjind
nou maar reg kom…..
ons ry met vensters wyd oop
eerste stop by die 24 uur hoender plek
warm koffie ontbyt muffin en n burger vir padkos ook
betaal die taximan n lywige bedrag ekstra vir die ruik se hy
vra dat hy Rewaan tot in Hawston neem nerens anders aflaai nie
wag wag se ek en gee die pakkies groente saad [ek kan mos weer ander kry] en my nommer op n papiertjie aan
plant hierdie dan kan jy dit verkoop later
laat weet ook as jy veilig
Rewaan se dankie rol by sy wange af
amper asof hy nie kan glo wat gebeur
te aangedaan om iets te sê
ek kon nie dadelik ry nie
moes eers net n rukkie voor die poskantoor sit
stil word
dankie sê vir n geleentheid
toe die taxi verby ry
peul Rewaan halflyf by die venster uit en skree
mevrrrou mevrrrou moet tog in Hawston kom groente koop ne
hoopvol en dankbaar visie
oppad na sy mense
dis nou wanneer teruggaan vooruitgang is gesprek met God in leef
as my hart en oe oop is
verpak in blou

©inblueink 2019




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 11
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 59 gaste aanlyn

Bydrae Totale