Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: gesonde verstand

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 2 April 2020 Aantal woorde: 129 25 Kere gelees Hou van

my duin lê bleek van wit skulpe
dae se wind verwaaide strand
geen mens spore wat dit versteur
slegs voëls en krappe wat grou en pik
mense praat altyd meerderwaardig
oor gesonde verstand – so asof
almal daaroor beskik – maar helaas
die teendeel is waar – dit bestaan nie
party mense gebruik gesonde verstand
net wanneer dit hulle eie idees pas
ander volg net wat meerderheid sê
min kan ‘n probleem bedink
dit beredeneer en op die
beste pad besluit
en tog…
het ons die Woord
wat oor eeue steeds
van krag is vir elke situasie
lees en leer daarin – gaan na
die mier dommerik, en word wys
gesonde verstand is net
‘n wonderlike gawe
soek daarna
dit is dalk
die enigste
soektog
wat
jou nog kan
red

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 822
Kommentaar telling: 117

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale