Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: gesigte

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 21 April 2019 Aantal woorde: 102 336 Kere gelees 4

lewe op my duin versaai in koring land
duisende kort plantjies wat verkorrel in sand
van groen tot koring geel in voer verdroog
gedagtes word verhale van weleer

soos gedagtes in woorde versmelt
swewende vergesigte in beelde inprent
raak sigeinders vaer en in silhoeëtte geverf
maak lewe al hoe minder kleurvol

geduldig wag ek op die hand
wat al klikkend deure sal laat oopgaan
my sal vrylaat uit die dorre fynbos
van my duin se bestaan

sweef my siel oor donker waters
sweef oor nag-landskappe en sterreveld
sweef vry en lustig deur wolke voort
spoedig sal wind gaan lê

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 561
Kommentaar telling: 78

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 38 gaste aanlyn

Bydrae Totale