Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: genoeg

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 5 Mei 2019 Aantal woorde: 67 587 Kere gelees 4

heerlike sonnige oggend
ligte see briesie waai
my duin is verlate
koue dwing alles
terug in hulle gate

tevrede sak fisant
onder fynbos neer
sonlig en sade
wurmpies en pik-goed
skrop hy tevrede

wanneer vind mens geluk
wanneer jy te veel het en kan gee
of wanneer jy net genoeg het
soms word genoeg net genoeg
wanneer jou ja, ja is en jou nee, nee

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 584
Kommentaar telling: 82

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale