Jongste aktiwiteit:

Genadegroei

daar is niks so lekker
soos kuiers
langs die bosveld vuur
terwyl die bosveld se Afrikaritme
sy melodie speel
maar my hartklop
ewenaar die deinings van die see
waar ek vry kan asemhaal
dis in die natuur
waar ek my Hemelse Pa
se grootheid so sterk ervaar
in elke seisoen
sien ek hoe Sy hand beweeg
selfs in die genade
van elke sonsopkoms

as my woefkinders saans
hul warm lyfies teen my opkrul
en al ons weeshonde
ons lewens vervolmaak
wens ek dat ek meer kan doen
mens kan nie almal red nie
en al breek my hart
vir elke verwaarloosde dier
probeer ek met my stukkie
‘n verskil maak

uit my jare se seerkry
het ek my toegekokon
vir beskerming
van depressie
tot vreugde
breek ek vlinder vry
en leer jou liefde my
om tog die sagte sexy
e-r-o-t-i-e-s-e kant
van mekaar te geniet
want dit maak nie meer seer

die groei
in my lewe
is als uit genade
want uit die stukkies van my lewe
kan God ‘n meesterstuk skep

©Jessica Venter
4/11/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed