Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Geleende tyd

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 19 September 2019 Aantal woorde: 78 242 Kere gelees 3

Al klouter ek oor kranse
en strompel kaatvoet-mank,
deur kraters en diep waters
sal my hart die tolgeld
keer op keer vir jou betaal.

Al vry ons twee net nou en dan
onder ons wilger langs die dam
of op die bankie in die parkie
waar tyd verseg om stil te staan –
koester ek elke oomblik
soos ʼn rare edelsteen
omdat ek weet my lief;
die bietjies goue ure saam
word maar stief aan ons verleen.

©Loretta Szikra
20190909




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Nico Schamrel

    19 September 2019

    Pragtig!

  2. Loretta Szikra

    20 September 2019

    Baie dankie Nico, 🙂

  3. Loretta Szikra

    2 Oktober 2019

    Baie dankie Nico, ek waardeer die saamlees.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 129
Kommentaar telling: 212

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 82 gaste aanlyn

Bydrae Totale