Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Gedagtes van……

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 10 Junie 2019 Aantal woorde: 74 61 Kere gelees 1

Gode
Mense
Diere
Dinge
Klippe
Stof

Geeste, gode, waardes beginsels
wat dryf in diep stiltes,
dreig waarhede,
met
onseker wins.

Mense deurboor
biologiese vierde en vyfde geslag
analiseer en pontifiseer,
markdag skinder.
herkou verwarende waarhede,
met
verskonings as wins.

Diere ingeteelde DNA
Wetenskaplik onemisioneel
giere en uitkomste meganies bepaal
onvoorwaardelike waarhede
met
gewig as wins.

Dinge lê oral rond
wat
gou vergaan.

Klippe as grond kompak
Aards vas gesmelt,
en
Stof is binne alles.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 56
Kommentaar telling: 8

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 36 gaste aanlyn

Bydrae Totale