Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Gedagtes

Deur Benadelle
Datum gepubliseer: 3 Desember 2019 Aantal woorde: 115 118 Kere gelees 1

Moes jou in die gesig kyk vandag
jy en ek en ek en jy
met soveel beloftes gemaak aan mekaar
en hier staan ons
uitmekaar
verby mekaar
niks van ons drome waar
niks van wat ons gedink het
niks wat ons geglo
niks wat ons gese het
is waar…
als is net soos in klaar

Maar ek loop met mooi gedagtes weg
die liefde was mooi
en dit maak al die breke en krake
teen die gedagte-mure reg
maak ook mooi fotos
al word dit in stofbelaaide rame
teenoor ons siele-vensters gehang
want ek sou geen ander liefde
geen ander een
geen ander gedagte
dan jy…

In my more se ruite se lig
wou hang…




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 6
Kommentaar telling: 0

Ek is Adelle Benade gebore in 1969 in Despatch. Skryf speel n groot deel in my lewe. Ek sal.baie graag raak gesien wil word deur my gedigte.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale