Gedagtegang
Miskien is dit nie waar
dat die liefde alles oorwin nie.
Soms lyk haat dan so sterk.
Tóg – sonder die liefde
is daar geen doel
en geen nut nie.
En haat vernietig net, dis al.
Ek kyk die wind in die oë;
die wind vat aan my gesig
en raas verby my ore.
Die wind is koud, maar ek vergewe hom.
Want gister het hy ondeund gewaai
en uitbundig gelag.
(Hierdie is nie ’n gedig nie.)
En liefde is sterker as haat
maar beide sal nooit vergaan nie.
© Carma Shaw
3 Desember 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.