Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Gebrek aan kennis

Deur Paula Paxton
Datum gepubliseer: 11 September 2019 Aantal woorde: 80 107 Kere gelees Hou van

My siel is verkreukel en my gemoed moeggetap.
Oral om my is onherroeplike smart.
Terwyl mensdom vol kritikasters heers
Met onbesuisde woede wil beheer in vrees.

Op gerugte van grootmaak ry hul die golf,
word elke stofkorrel tot berg omgedolf.
Sien hul kortsigtig, sonder selfondersoek.
Glo hul die kronieke van elk geskrewe boek.

Bedaar my siel, maak gou!
Bedek jouself onder Sy beskerming toegevou.
Wysheid is vir die mensdom verblind
vir die wat hulself nie wil laat vind.
PAULA PAXTON©




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 74
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 62 gaste aanlyn

Bydrae Totale