Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Gatsometer

Deur Pannetjie
Datum gepubliseer: 16 Oktober 2019 Aantal woorde: 327 39 Kere gelees 1

Gatsometer

Soms moet dit seker pret wees om op ‘n studentedorp ‘n geregsdienaar te wees. Veral as dit nog van die manlike geslag is want daar is darem ‘n oorvloed van talent wat waardeer kan word. En as jy nog ‘n goeie humorsin het kan dit net nog lekkerder wees veral om al die innovasie van die student gade te slaan. Maar die teendeel is seker ook waar – die studente kan seker net te veel raak veral as jy die dag nie heeltemal met die regte voet uit die bed opgestaan het nie.

Die spietkops op Stellenbosch was nogal lief om in die dorp spoedlokvalle te stel en veral in Merrimanlaan daar na die stasie se kant toe. Seker maar vir die taxi’s en die verdwaalde student. Die pad daar was lekker breed. Daar was genoeg plek vir die motors sowel as vir die fietse.

Sodra ons opgemerk het daar is ‘n spoedlokval – die gatsometer tipe – het ons hoër op in die straat gewag met die fietse. As ‘n kar daar afgekom het waarvan ons dink die spoed bo 60 km/h was het ‘n vroegtydig met die fietse weggespring oppad na die “speedtrap”. Die “trick” was om net voor die kar by die lokval te wees. As jou tydsberekening goed was het jy die fiets se voorwiel oor die eerste toutjie gelig. Die toutjies was so 2,5 meter uit mekaar en die afstand tussen ‘n fiets se wiele is net meer as ‘n meter. Dus as jy die voorwiel oor die eerste toutjie gelig het het die agterste wiel die eerste toutjie getref en die voorwiel die tweede. Dit het nogal ‘n redelike spoed op hul meters geregistreer. So het hulle ‘n paar manne probeer aanskryf vir die spoed wat hulle nie gery het nie en gewoonlik was daar ‘n woordewisseling wat ons van ’n afstand dopgehou het. Ons kon nie hoor wat hulle gesê het nie maar jy kon darem sien hoe daar beduie is




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    16 Oktober 2019

    Onskuldige studentepret gewees!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 11
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 117 gaste aanlyn

Bydrae Totale