Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Gaan die kaap ‘n moordvlakte oorleef?

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 6 November 2019 Aantal woorde: 672 19 Kere gelees 3

Die Kaap se vlakte is ‘n broei plek vir hartseer en pyn en die lyding vir die mense wat daar woon is vir meeste mense maar ‘n suur na smaak in hul mond. Maar dit is alhoewel ‘n kind van segregasie ‘n weggooi kind en die karakter van ‘n weggooi kind sal altyd maar in meeste gevalle een van ‘n rebelse moeilike aard wees. Die nommer bendes van die 1800’s is een van die grootste invloed op jong mans en dames op die vlakte en veral met die gebruik van dwelms vererger dit net. Armoede en werkloosheid maak die deure oop vir die talle bende groepe om in die jong gaarde buit te vind. Waar die hoop degenereer en verweer soos ‘n verwaarlose huis so verweer menslikheid in armoede,werkloosheid en gedurende geweld teen kinders en vrouens ‘n abissale gat en daar is min wat dit ontsnap. As ‘n “middelklas” burger sien ons maar min van die naarheid en ons verstaan nog minder ons hou ons blind solank dit nie onseself raak nie, dink ek min besef die pleit van die mense op die Kaapse vlakte. Daar is monsters daar buite, eintlik maar orals maar hulle is meer sigbaar en sonder skaamte op die “vlak”.
Kinders so jonk soos agt wat onderwysers met die dood dreig en leerders wat mekaar met messe lem en al die nuwe gure wat onstaan onder die rinnewasie en manewales.
Die Kaap se vlakte word ‘n moordvlakte van epidemiese proporsies wat in oorvloed sy eie selfdood is sy eie mense se selfdood.
Ek gebruik maar die Kaap se vlakte as ‘n voorbeeld omrede ek self gewoon het in Athlone, maar dis nie net die vlakte afsonderlik nie maar verskeie dorpies en buurte in SA ook wat ek glo die menswaardigheid verbrokkel en die monster van geweld en haat neem oor.

Maar wel is daar ook nog die wat bly veg vir gemeenskaps waardes en vir ‘n beter toekoms en selfs skrywers, sangers en atlete wat stories van hoop en genade bevorder hulle blink uit soos sterre met hul stories hul agtergrond hulle eie unieke menswaardigheid.

Maar my vraë is die vandag: Hoe lank sal ons net buitestaanders bly en kyk?
Hoekom verlaag ons, ons standaarde in skool?
Hoekom is daar nie ‘n wet teen ongeskooldheid nie?(bv in Cuba kry ouers tronkstraf as hul kinders nie skoolgaan nie)
Hoekom raak geweld sosiaal aanvaarbaar?
Hoekom as burgers weet ons van oplossings maar doen niks daaraan nie?
Hoe beveg mens rerig die Hidra van “Gangsterism” as die wet jou nie toelaat nie?
Hoe lyk die toekoms vir die jeug in die Kaap se vlakte as hul gedrag al op so ‘n jong ouderdom ongedissiplineerd is?
Hoe kan ons as ‘n land hierdie sosiale kwale verbeter?

As slagoffers bly ons slagoffers as ons nie sosiale verandering kan meebring nie sal ons altyd vermink bly.
Hierdie is maar ‘n bietjie gorrel oor wat aangaan in ons land hoe ons akedemies verswak en hoe kinders ongedissiplineerd vererger en dit is nie net in sekondêre aan die kaapse vlakte nie maar self in die top skole begin hierdie gogga byt, en hoe lank sal mens besef om te staan en kyk vir ‘n onreg wat gebeur is jy net so skuldig soos die verkragter,moordenaar,skollie of dief.
Daar is ‘n paar lande wie se leiding ons maar van kan leer as ek maar mag noem bv Nederland,Japan,Switzerland hulle het vooruitstrewendes/dinkers in hul politici, hulle is aan die voorhand van omgewingsvriendelikheid, sosiale en wetenskaplike bevordering ja hulle het nie die demograaf van Suid Afrika nie maar selfs hulle glo ek het “kwale” gehaad wat hulle moes oplos.

In die ou dae was gesê :”As jy ‘n onkruid kry trek hom uit”
Ek glo in kunste is daar drome en drome kan mense verander en as mense vir die regte redes verander sal ons omstandighede en leefstyl verbeter.
“Waar daar ‘n nood is vir skadu plant ‘n boom en waar daai boom sy skadu gooi begin droom”.

©Morné du Preez




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 68
Kommentaar telling: 43

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 99 gaste aanlyn

Bydrae Totale