Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: fynsny

Deur Renier du Toit
Datum gepubliseer: 24 Maart 2020 Aantal woorde: 78 182 Kere gelees 1

vir iemand

toe hy
nimmer meer kon wag
in lee skoot van vaderhuis

was stilte deur gebed gesny
en skelm fluister iewers
wie was hy

strak gelaat sy wederhelf en saad
in vrede nagelaat
toe ysterperd pad verlaat

lewe verkwansel is gese
vrouens drank baklei
tot in verderf hom verlei

vir oulaas besigtig ons die vent
stokstyf toegebou
in ewige kiaat tent

n knop steek dwars in my keel
toe ek terugkyk in n spiel

renier du toit
13/11/2013




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    25 Maart 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2020 – Triomfboog projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 6
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 51 gaste aanlyn

Bydrae Totale