Titel: Flikkerende liggies
Deur Palet
‘n Stad met wonderlike landmerke
interessante kultuur
dit is lewendig, geskiedkundig
en skouspelagtig!
Die stad van liefde
‘n taal verruklik vreemd
die Seinerivier wat daardeur kronkel
en waarin duisende goue liggies vonkel
Weergalose kuns, lieflike argitektuur
en wonderlike kos
die wolke in ‘n blombleek dag…
maar nou sit ek hier in ‘n boot en dryf die Vaalrivier af
TEMAS
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek