Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: FEBRUARIE 2020 PROJEK – LIMIRIEKE – UITSLAE & KOMMENTAAR

Deur Anze
Datum gepubliseer: 1 April 2020 Aantal woorde: 2119 86 Kere gelees 1

Baie geluk aan hierdie 7 INK-lede!!

OPDRAG:
Ek gaan, om die las effe ligter te maak, geen tema voorstel nie. Ons gaan egter die Limiriek aanpak.

DIGTERS:
Volg streng reëls en skryf ‘n Limiriek.

RUBRIEKSKRYWERS:
In die gees van die humor waarvoor ‘n Limiriek vra, skryf ‘n rubriek oor die mees komiese ding wat tydens ‘n erediens gebeur het. Dit mag ‘n eie ervaring of ‘n oorvertelling wees.

ARTIKELSKRYWERS:
Doen genoegsame navorsing en skryf ‘n artikel oor die oorsprong van die Limiriek.

VERHAALSKRYWERS:
Skryf ‘n humoristiese verhaal oor Mevrou Dominee wat die kollekte verloor het.

GORRELS:
Bekla jou lot oor die gebrek aan humor in ons samelewing.

WENNERS
GEDIGTE
GOUD:
WENNER: No 25 – Carma Shaw met Boer van de Aar
2 DE PLEK: No 18 – Carma Shaw met Meisie Lotter
3 DE PLEK Anzé Bezuidenhout met Piet Pompies

SILWER:
WENNER: No 3 – Amanda Meyer De Meillon met Delwer uit Bloem
2 DE PLEK: No 2 – Amanda Meyer De Meillon met Sannie Verwey
3 DE PLEK; No 24 – Charleine Collins met Karma

BRONS:
WENNER: No 21 – Andries Fourie met Tuinbou
2 DE PLEK: No 23 – Elmarie Van Kampen met Kosmaak limeriek
3 DE PLEK: No 10 – Marsofine met Bacchus

GORRELS
No 3 – Marlene Erasmus met Lag is die beste medisyne

RUBRIEKE
Wenner: No 3 – Charleine Collins met Blye Bettie
2de: No 1 – Marlene Erasmus met Humor in die kerk

ARTIKELS
Wenner: No 1 – Marlene Erasmus met Die ontstaan van die limeriek

VERHALE
Wenner: No 2 – Marsofine met ’n Seën van bo …
2de: No 1 – Helene Mellet met Die groen sak
3de: No 3 – Amanda Meyer De Meillon met Mev Dominee en die ekstra kollekte

Kommentaar:
GEDIGTE:
BRONS:
1.Herrie oor prins Harry

Die arme stomme prins Harry
verlei, gevry deur ’n mêrrie
die wêreld gons nou:
het sy hom laat vou,
of is als ’n fop nuus hêrrie?

Geslaagd metriese limiriek.
Tradisioneel begin elke sin met ‘n hoofletter.
Ek dink jou limiriek is aktueel en skreeusnaaks.
Welgedaan.
“Fopnuus” sal een woord wees.

6. Die digter wat dig

Die digter wat dig wat hy dink
sal woorde soos nektar laat klink.
Maar soet aangeplak…
o, wee – watter twak!
Die digkuns word bitter vermink.

Die limiriek se eerste reël is altyd oor ‘n spesifieke persoon of waarvan hy/sy kom.
Die limiriek is gewoonlik snaaks of onbeskof. Ek moet nou beoordeel in die lig van die bostaande:
1. Gaan dit oor ‘n spesifieke persoon (by die naam?) – “digter”?
2. Is jou limiriek snaaks of onbeskof?

Verder moet ek sin volgens tradisie met ‘n hoofletter begin.
Die “digter’ in jou limiriek kan wel ‘n spesifieke persoon wees. Jou limiriek is glad nie humoristies nie, maar wel (en dit klink beter in Engels) “rude”.
JY het die metrum wat my betref ook mooi onder die knie gekry.

7.Kommunikasie

Ai tog werksmense die gort is alweer gaar
Die een praat hier en die ander daar
sê tog niks
hou jouself links
ek wonder watse kommunikasie tameletjie ons nou uitklaar.

Cc: Die limiriek se eerste reël is altyd oor ‘n spesifieke persoon of waarvan hy/sy kom.
Die limiriek is gewoonlik snaaks of onbeskof. Ek moet nou beoordeel in die lig van die bostaande:
1. Gaan dit oor ‘n spesifieke persoon (by die naam?) – “werksmense”?
2. Is jou limiriek snaaks of onbeskof?

Jou limiriek handel nie oor ‘n spesifieke persoon of sy/haar oorsprong nie. Die vers is ook nie streng snaaks of onbeskof nie.
Die laaste reël in jou vers is nie metries nie, anders as die res.

8.In die weermag

Die groot generaal Van Zyl
Sit by Graskop en huil
Die potte prut
Die potskraper hik
Hoor hulle hoe die tampontiffies roep.

Jy het sonder twyfel die kuns van limiriek-maak onder die knie. Die metrum is in die kol. Perfekte ritme.

Welgedaan!!

9.Limeriek 1

sy trap dat die spoeg om ons spat
so jaag sy verby sonder rat
verloor sy beheer
ontspoor seil sy neer
my bliksem nou sien jy jou gat

Cc: Die limiriek se eerste reël is altyd oor ‘n spesifieke persoon of waarvan hy/sy kom.
Die limiriek is gewoonlik snaaks of onbeskof. Ek moet nou beoordeel in die lig van die bostaande:
1. Gaan dit oor ‘n spesifieke persoon (by die naam?) – “sy”?
2. Is jou limiriek snaaks of onbeskof?

Sou jy ‘n naam verleen het aan “sy” sou dit makliker gewees het om dit as limiriek te eien, maar ek gaan jou in hierdie geval die voordeel van die twyfel gee.
Ek sou die limiriek sluit “My bliksem daar sien sy haar gat” wat steeds getrou aan die metrum sou wees.
Ek hou van die limiriek. Ritmies en metries korrek.

Mooi so!

10.Bacchus

Lang Piet Jood van Hugenoot
Het geboer tussen die hanepoot
Toe Bacchus hom kierang
Die vog hom sleg vang
Die oorsaak van sy val ʼn wingerdloot

Jy het die limiriek behoorlik onder die knie. Dit is humortisties soos dit hoort.
Die laaste sin het nie ‘n jambiese pentameter nie, maar dit steur nie vir my die ritme nie.
Ek dink jy het jou baie goed gekwyt van jou taak.

Welgedaan.

11.’n Blinde glasoog

Is geluk ‘n illusie
wat verbywaai soos ‘n lente’briesie
wat ruk deur jou hart
en agterlaat hartseer en smart…
dit is tyd vir ‘n nuwe missie

Die liriek as instrument is veronderstel om gebruik te word vir humor (selfs stout humor). Alhoewel jy die basiese reëls aangaande die metrum en ritme redelik goed onder die knie gekry het, moet ek jou egter penaliseer oor die inhoud.

12.Bitter smaak

‘n Bitter Bessie is vol grys beloftes
waar is die geuiterde troubeloftes?
Nou is grom-woorde
met geklemde akkoorde
die moeder van alle seerkry sondes

Jy het in die basiese reëls aangaande metrum en ritme geslaag. Ek moet jou egter penaliseer oor die inhoud. Limirieke is streng vir humor. Jou inhoud is swaar en in my mening nie gepas vir die limiriek nie.

13.Antie met die lyf …

Daar was ʼn antie met ʼn lang mooie lyf
Haar grootste swakte is sy was ʼn viswyf
Niks goeds sal jy hoor
Net ʼn geskel in jou oor
Van die môre tot die aand al wat jy hoor ʼn gekyf!

JY slaag redelik goed met jou limiriek. Jou laaste sin is egter té lank en voldoen nie aan die streng metrum reëls nie.
Die maklikste manier om die metrum in ‘n limiriek reg te kry is om 8 lettergrepe in sin 1, 2 en 5, en 5 in sin 3 en 4 te gebruik.
Voorbeeld: “Van more tot aand, ‘n gekyf” So sê jy dieselfde en hou binne die metum voorskrifte.

14.Jan

Jan Alleman het ‘n blink plan
waarmee hy graag rugbaar wil gaan
maar sy wil is mank
en sy moed geknak
want oral kry hy net teenstand

Jy het nie die rympatroon nie in jou limiriek nagekom nie.
(aabba)

15.Maria

Maria, maagd van Bethlehem
was onder vroue uitgeken
om die Lig te bring
wyl engelkoor sing
om só verlossing vas te pen

Alhoewel jy die rym- en metrumvoorskrifte in jou limiriek nagekom het, moet ek jou penaliseer vir die inhoud. Die limiriek is ‘n instrument vir humor en nie swaar onderwerpe nie.

16.Ds Thuisie

die dominee heet oom Thuisie
woon daar alleen in sy huisie
as hy begin preek
weet dit is ‘n steek
laat ontplof skoon jou geel puisie

Ek dink jy het die basiese reëls mooi onder die knie. Die inhoud is effe verwarrend teen die einde, maar dit is snaaks genoeg om dit geslaagd te maak.

17.Ou-doom

ons leraar liewe grys Ou-doom
kon vir jou preek gee soos ʼn droom
vat dit van onder
sonder te wonder
min wetend hy het gerook – boom

Jy het die limiriek mooi bemeester. Die inversie wat jy in die laste sin gebruik, nodig vir die rymskema, ja, maar dit val nie lekker op die oor nie. Voorstel: “min weet hy het gerook aan boom” Ek is nie seker of “aan boom” die regte term is nie, maar ons moet ‘n alternatief soek.
Ek hou baie van jou limiriek.

19.Bessie

Klein Bessie van Tant Essie
Dra ‘n vuilwit wessie
Speel romtomtalie
Val op sy alie
Word so ‘n kommer kwessie.

Is “Bessie” ‘n dogtertjie? Lyn 4 sal dan eerder “haar’ pleks van “sy” wees. Jy het geslaag in jou limiriek.
Die ritme, rympatroon en metrum is goed.

20.Vet Faan

Vet Faan van die Tietiesbaai
Hou van onmin saai
Spoedig gee hy pad
Maar grond is nou te nat
En Hy val met groot lawaai.

Jy het goed geslaag in jou limiriek.
Ritme en rympatroon is goed.

21.Tuinbou

Oom Hansie is lief vir sy tuin
Tant Ralie sê: “Als vir die skyn!
Hy loer oor die muur
In die namiddag uur
Na die mooie Mev. Stienie Steyn!”

Dit is ‘n baie goeie limiriek. Die ontsluiting aan die einde is heerlik komies. Die ontwikkeling hierin is briljant. Ek kan sien jy het baie tyd spandeer om dit suksesvol te kry.
Selfs die afkorting van “mev.” In jou laaste sin om die metrum te stimuleer is briljant. Baie, baie goeie werk.

22.Mense se wense

Mense se wense is geld
Ook dat alger hul name vermeld.
Hulle lieg by die werk
Sit vroom in die kerk
En skinder selfs onder die belt.

Die ritme en metrum, en selfs die rympatroon is briljant. Ek moet jou egter penaliseer aangesien limirieke eintlik ‘n komiese ondertoon moet hê.
Dis jammer want jou limiriek is werklik metries briljant.

23.Kosmaak limeriek

Daar was ‘n vrou Van Wouw
sy kook haar daagliks flou:
“Kouend’ en oorversadig
aan kosse oordadig
is hoe’k van my huismense hou!”

Briljante ritme en metrum. Die apostroof in jou laaste sin om die metrum te stimuleer is tekend dat jy die konsep van ritme mooi verstaan.
Welgedaan.

SILWER
2.Delwer uit Bloem

daar was eendag ‘n delwer uit Bloem
wat graag elke meisie wou soen
hy misgis hom met Let
beland in die bed
nou moet hy maar tuiswerkies doen

Briljant en snaaks.
Jy het al die voorskrifte wat ‘n limiriek suksesvol maak mooi nagekom.

3.Sannie Verwey

klein Sannie Verwey van oom Joep
hoor glad nie toe mamma haar roep
verstringel sy Jannie se hare
haar vingers vol moerbeibos blare
nou wieg sy die kind op die stoep

Ongelooflik! Jy het al die voorskrifte van ‘n limiriek nagekom. Humoristies soos dit moet.
Welgedaan!

24.Karma

Pou Piet Pompies wil meisies vang,
So is elke vrou vir hom bang.
Hy kleim hy is kaas,
Maar brein byt die baas.
Nou’s Piet Verdriet sy droewe rang.

Pragtige ontwikkeling. Geslaagde limiriek. Jy verstaan die voorskrifte mooi.
Welgedaan.

26.Metafoor

Oom Olifant, die reusedier,
Se sterte laat die mense tier
Soos hy woorde trap
Laat hy blomme pap,
So, skommel uit die verstuin hier!

Jy verstaan die voorskrifte.
Geslaagde limiriek.

GOUD

4. Anna van Tonder

‘n Sekere Anna van Tonder
Het van die berg af gedonder
Geval dat sy hik
Haar voet geswik
Die noodlot laat mens wonder

Jy het goed geslaag in die metries en ritmiese voorskrifte vsn die limiriek. Die inhoud is ook goed.
Welgedaan.

5.Piet Pompies

Ou Piet Pompies sit en sug
Hy kla oor die pyn in sy rug
Sy kaiings braai
Sy vrou is kwaai
Nou suip hy maar onder ‘n brug

Baie goed. Behoorlike metrum en ritme.
Jy het die limiriek onder die knie.

18.Meisie Lotter

’n Sekere meisie lotter
Se bekkie was glad soos botter
Toe een haar herinner
Staak nóú die geskinner
Begin sy sommer te stotter

Briljant!!!
Goeie ritme. Goeie metrum.
Welgedaan.

25.Boer van de Aar

’n Eensame boer van De Aar
Wou graag ’n paar nooiens vergaar
Voor mens kon sê més
Had hy sommer ses
O wee, toe is oorlog verklaar

Hoe sal ene van De Aar hom nou soos ‘n poliginie gedra. Skreeusnaaks!
Geslaagde limiriek wat voldoen aan al die voorskrifte.

GORRELS:
1.Dogtetjiemense is aspris anders

Ek wil baie graag oor die konsep, die ontwikkeling en aanbieding van jou gorrel gesels. Ek het egter besluit om dit nie te doen aangesien jy nie by die tema voorskrifte gebly het nie. Ek gaan jou inskrywing dus nie beoordeel nie.

2. Uit die mond van ‘n suigeling …
Jou gorrel is uiteraard skreeusnaaks. Kleingoed sê nogal soms die onmoontlike. Ek kan egter nie jou inskrywing beoordeel nie aangesien jy nie die tema opdrag nagekom het nie.

3.Lag is die beste medisyne
Ja! Jy het die opdrag goed verstaan en dit mooi behandel. Die aanmoediging teen die einde maak dit selfs meer spesiaal. Wegedaan.

RUBRIEKE:

1. Humor in die kerk.
Heerlike rubriek.
Dit sou lekker gewees het as die “storie” effe meer uitgebrei kon wees.

2.Egbreuk se gevolge
Jy het nie die opdrag uitgevoer nie.

3.Blye Bettie
Skreeusnaaks. ‘n Heerlike lees. Dankie.

ARTIKELS:
1.Die ontstaan van die Limeriek
Dankie vir die artikel. Goeie inligting.

VERHALE:
1.Die groen sak
Briljante storie. Die ontwikkeling van beide karakters en storie is briljant. Pragtig!

2.’n Seën van bo …
Pragtige en goeie storie. Die ontwikkeling is baie goed.

3.Mev Dominee en die ekstra kollekte
Baie goeie verhaal. Baie dankie.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Viooltjie

    3 April 2020

    Baie dankie vir die geleentheid en die harde werk wat jy insit, Inkmoderator. 😊

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 252
Kommentaar telling: 2790

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 58 gaste aanlyn

Bydrae Totale