Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Engel Gabriël

Deur Karin Muller
Datum gepubliseer: 30 April 2017 Aantal woorde: 66 374 Kere gelees 9

Soms, in die nag, verbeel ek myself –
as gister se spoke my hard-op uitjou –
God stuur Sý engel Gabriël
om oor my wag te kom hou.
Nie by die venster,
nie by die deur
maar regop langs my
op die matras
sodat die spoke nie ook
in die vertrek kan inpas.
Met sy vlerke wyd oor my uitgesprei
raak ek rustig, die gevaar is verby.




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    1 Mei 2017

    Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen!

  2. Kiekies

    1 Mei 2017

    Hierdie gedig praat met my hart, want ek nodig ook ‘n Gabriël. Puik gedoen!

  3. Amaspoke

    2 Mei 2017

    Pragtige skrywe!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 15
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 118 gaste aanlyn

Bydrae Totale