Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: EN PASSANT (silwer)

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 12 September 2020 Aantal woorde: 59 80 Kere gelees 2

en passant

in eeue-oue wentelbaan
sleep dof die asem van die maan
waar een by hitte van ‘n vuurtjie hurk
luier liefde in die pad se vurk

in die verbygaan oë wat groet
met minnewoorde swygend soet
maar voordat hande vas kon gryp
het son by maan verbygedryf

ongesê, in as gelê
statig-stil die kans verspil

© Barbara Smit – 11 Sept 2020




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    12 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek

  2. Koos Elsum

    13 September 2020

    Pragtig en baie waar… Ek sal graag wou weet hoeveel meer gelukkige mense daar sou wees as ons nie so sukkel met ons gevoelens nie?

    Kom ons dig maar…

    Ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring vir almal te verryk.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 65
Kommentaar telling: 57

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 49 gaste aanlyn

Bydrae Totale