Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: EMMERS PROPVOL LIEFDE

Deur Eleen van Deventer Vorster
Datum gepubliseer: 15 Desember 2017 Aantal woorde: 125 288 Kere gelees 2

EMMERS PROPVOL LIEFDE

vers1
Emmers propvol, van my ware liefde
emmers propvol, net aan jou my liefste
bakkies vol, van al my sagte soene
bring asseblief, tog gou my skoene

vers 2
Emmers propvol van my ware liefde
emmers propvol, net aan jou, my liefste
beddings propvol, van al ons glimlaggies
deel ons saam, al die sonskyn daggies

Koor:
Wandel ons, in my pragtige blomtuin
wandel ons, langs die beddings oor die duin
dan raak ons sommer net ñ bietjie laf
huppel ons saam aan die anderkant af
toe vang ek jou, om styf teen my vastehou
toe vang ek jou, om jouself vir my tehou
dis toe ek, my liefde, aan jou toevertrou

Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou liedjies tekoop kontak my gerus op e-pos




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Vonnie

      Desember 15, 2017

      Propvol inskrywings ook van jou kant af. Maar dis reg Eleen. Laat hulle kom!

    2. Eleen van Deventer Vorster

      Desember 19, 2017

      Vonnie baie dankie groot plesier dankie

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 174
    Kommentaar telling: 89

    BIBLIOGRAFIE   Eleen van Deventer Vorster is op 24 Desember 1960 in Nylstroom, Limpopo gebore. Sy woon tydens 1978 in die mooie Jakarandastad, Pretoria. Eleen het al sedert haar skooldae gedroom om haar werk eendag te publiseer in ‘n bundel en het eers in 2017 die pen opgetel. Haar eerste gedigte wat sy geskryf was op 4 Februarie 2017 geskryf.   Haar gedig wat gewen het op19 September 2017 was een van die wengedigte van SA Digters se kompetisie wat in haar 1ste Digbundel verskyn in Simfonie van See die Mei 2018.   Sy deel ook graag haar gedigte en werke op die platform, INK Skryf in Afrikaans Publikasies op Anzé Bezuidenhout se blad.   Gedigte deur Eleen is al op verskeie radiostasies voorgelees op Radio Stasie West Coast 92.3 deur Delene de Wet op Wind af program in Kaapprovinsie voorgelees op 19 de Januarie 2018   Eleen se 5 gedig wat deel was in ñ kompetisie gaan in Pendoring Digters Volume1 Digbundel verskyn 2018.In Februarie 2018 het die sanger, Jeffrey Smith, Eleen se eerste liedjie opgeneem. Die liedjie, Onderdeur die reënboog kan op SoundCloud geluister word. Eleen lewe haar droom uit deur haar passie vir gedigte en lirieke met die wêreld te deel.   Gedigte deur Eleen is al op verskeie radiostasies voorgelees op Radio Stasie FM STERIO online deur BETSIE OLIVIER  program voorgelees op 03 JULIE 2018     Kopieregte voorbehou ©Eleen van Deventer Vorster

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 2,942 gaste aanlyn

    Bydrae Totale