Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek verpand my liefde aan jou.

Deur Arnold
Datum gepubliseer: 25 April 2016 Aantal woorde: 132 817 Kere gelees 5

Hoe lieflik is dit om te oornag
by die driwwe van liefde,
om te skuil onder die skaduwee
van jou vertroue.

Dat liefde kan bloei in die vroeë lentes
om bevrug te word met reinheid,
wat sal ontwikkel tot rypwording
op die regte tyd.

Dat ons, ons kan verlustig
in die edelheid van die vrug van liefde,
is daar die veelseggende
generasie seisoene van liefde.

Verspotte optrede
Wat is liefde tog
Kalwerliefde
Verliefdheid

Lente liefde
Ek is lief vir jou
Sponsalieë liefde
Ek verpand my aan jou.

Somer rose liefde in die maanskyn
mag die liefde hou tot in ewigheid
die herfs met sy wispelturigheid
liefde soos dou wat vroegmôre kwyn.

Ja; die gevreesde wintersliefde
liefdesgrou in onweerswolke
liefde wat wag vir hernuwing.

Waar is ware liefde
wat die proef deurstaan?




TEMAS
9 Kommentaar
  1. neels

    25 April 2016

    Sjoe Arnold hierdie pragwerk verdien ndiamant

  2. Kiekies

    25 April 2016

    Hier seg jy dit so pragtig:

    Hoe lieflik is dit om te oornag
    by die driwwe van liefde,
    om te skuil onder die skaduwee
    van jou vertroue.

  3. Amaspoke

    25 April 2016

    Hierdie werk is ‘n ware juweel!

  4. Arnold

    26 April 2016

    Geseënd is die wat kan skuil onder sy lewensmaat se vertroue.

    Dankie vir die inloer en kommentaar.

  5. Anze

    26 April 2016

    Dis mos hoe mens ware liefde moet beskryf.. pragtig Arnold

    • Arnold

      26 April 2016

      Dankie vir die kommentaar Anze, ja dis lekker om te sien hoe mooi liefde kan blom tussen die regte paartjies

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 119
Kommentaar telling: 473

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 77 gaste aanlyn

Bydrae Totale