Jongste aktiwiteit:

Ek sou jou kon liefhê

Ek sou jou kon liefhê

Ek sou jou kon liefhê
was jou voetspore witter
en die dou op jou hande
het nie bloedrooi geskitter

Ek sou jou kon liefhê
was jou woord maar jou eer
nou sweef dit dof, doelloos
tussen alma mater leuens
in die ver buitenste sfeer

Ek sou jou kon liefhê
was jou weë nie so duister
maar die see en woestyn
het dit dalk doofstom blind
sag aanmekaar loop fluister

Ek sou jou kon liefhê
elkeen het ‘n defek voorwaar
maar om as gekroonde prins
valse septer skeef te swaai
het defek skerp openbaar

Ek sou jou kon liefhê
was jou hart uit suiwer goud
minute tik nou eentonig verby
tyd versteen in uurglas sand
raak ons apart eensaam oud

Ek sou jou kon liefhê
was jou voete nie van klei
nou’s daar slegs ‘n stroompie
hartseer, smart, verdriet
wat onder die brug deurgly

Ek sou jou kon liefhê
kon jy maar my hart verstaan
maar die noodlot se skaal
het helwaarts gekantel
met my een enkel traan




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed