Jongste aktiwiteit:

Ek onthou – die beeld van jou dood.

By knetter van jou vuur
het ons vinke saam vergaar
gelok deur jou sterk vuurgloed
wat ons vrolik verwarm
onder pyndruppels wat val
begin jou vlamme stadig versmoor
jy klap en kraak nou al hoe minder
jou vlam kromgetrek deur erge pyn
ons dans onwetend om jou kwynende vuur
wat ons wegstoot met koue-seer
al stiller word ons kwetter-sang
verswelg deur jou pynlike ontbering
klou dit verterend om jou siel
jou ster verdwyn wat vuur gebaar het
in puin veras jy voor ons oë
jou feniks geslaan in kettings van as
daaruit wil jy nie nuut verrys
en verwoord ek onwetend jou komende einde
ons laaste gesprek – jou bittere ontbering
te vroeg blus dood’s asem jou laaste vlam.

© Taai Bonthuys




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed