Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek mis jou (Silwer)

Deur Amanda
Datum gepubliseer: 16 Maart 2020 Aantal woorde: 82 37 Kere gelees 1

hier
in die donkerste hoekie van my tuin
het ek ‘n rankroos geplant
pienk klimop rosies wat fyngeur
sagte herrinneringe in die aandlug strooi

daar
onder die sekel van die hartseer maan
het ek jou geplant
‘n houtkissie gevul met stof
want uit stof was jy en stof is jy
en stof sal jy wees

oral
sien ek jou, voel ek jou
onthou ek jou in my tuin van herrinnering
onder die triomfboog
van fyngeur rosies
in die hoek van my tuin.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    18 Maart 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2020 – Triomfboog projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 43
Kommentaar telling: 25

Ouma van Vier woelwaters. Ma van 5 (2 stief) en vrou van 'n wonderlike Godsman. Woon tans in Alberton. Skryf is my uitlaatklep. My hart bloei ink op papier.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 59 gaste aanlyn

Bydrae Totale