Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: EK KEN ‘N TAAL

Deur Vonnie
Datum gepubliseer: 9 Oktober 2019 Aantal woorde: 264 48 Kere gelees 2

VERS 1

Ek’t gehoor daar’s ‘n taal wat van ver af kom,
onwetend oor ‘n blou oseaan.
Om haar vlag te plant op ‘n Suiderstrand,
toe wankelend in wording moes staan.
Ek’t gehoor daar’s ‘n taal wat gewortel is
in die aarde soos die stam van Kambro.
Dialek in Kaap’s en Namakwa,
ook die karretjiesmens se Karoo.

KOOR:

Ek ken ‘n taal wat haar stemme wil deel,
mmm………………………………………………
Dis ons taal en sy wil vlieg met haar droom.
Om altyd en immer aan die Suidpunt te bly
en om trots, in Afrikaans, hier te woon.
(Na laaste vers: herhaal laaste strofe)

VERS 2

Ek’t gehoor daar’s ‘n taal wat vry refrein,
wat name oor die landskap laat blom.
Suikerbos, aalwyn, piempiempie, lint,
viooltjies wat wink vir die son.
Ek’t gehoor daar’s ‘n taal wat luid weergalm,
wat kan donder, wat kan blits en kan hael.
Wat klank in ‘n fluit, waar wildwinde suis
in die branders wat oor seesande maal.

KOOR X 1

VERS 3

Ek’t gehoor daar’s ‘n taal wat ‘n hart het,
groot genoeg vir nostalgies onthou.
Selfs sou woorde uiteind’lik verbygaan,
vind sy ‘n weg om van nuuts af te bou.
Ek’t gehoor daar’s ‘n taal wat uitbundig leef,
sing en dans en laat waai met ‘n riel!
Wat hartseer kan wals, wat soms huil oor dit als,
dié taal het ‘n ritme wat besiel.

KOOR X 1

Digter: Viooltjie
Komponis: Yvonne de Kock
Musiek en sanger: Johann de Kock

(Kopiereg voorbehou)

Wenliedjie – 2016




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 0

Ek is allereers die trotse skrywer van Afrikaans, my pragtige moedersknie-taal! 'n Gepubliseerde vryskutjoernalis met artikels in van ons Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie, Vrouekeur en Rooi Rose. Ook digter,  liriekskrywer en komponis. Dus liedjieskrywer van my eie, sowel as ander se gedigte en lirieke en hartstogtelik lief vir musiek en sang. Ek geniet myself gate uit met die skryf van rubrieke, skryf ook verhale en maak ook so nou en dan keel skoon by wyse van 'n lekker ou gorreltjie. En o ja! Na baie, baie jare as skrywer, het ek uiteindelik drie boeke die lig laat sien en is ek nie 'n bietjie trots nie! My biografie Daar huil 'n kind in my, Rubrieke sonder brieke en Gedigte op die vleuels van musiek. Daar...genoeg. Nou moet ek verder aan die skryf kom!

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 84 gaste aanlyn

Bydrae Totale