Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek is Winter (Silwer)

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 25 Junie 2019 Aantal woorde: 74 154 Kere gelees Hou van

‘n weerkaatsing in kristal
teen die swart spieëlkaswand
sien my plooie in slierte
soos ek strak sit – staar
bo ‘n wit Dolly Varden-val
flits my oë leefloos ysblou –
die mooiste in die land

wyl my hart vriespunt sneeu
in diepnag se snerpende grou,
haat ek die lente –
warm weergeboorte,
vrees die somersmelt en dou,
want ek is beeldskoon dood,
koningin van nou

Charleine Collins©24 Junie 2019
Foto geredigeer, bron https://dixiedelightsonline.com/2013/04/dressing-table-before-after.html




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    25 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 91
Kommentaar telling: 39

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 146 gaste aanlyn

Bydrae Totale