Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek is jou skadu

Deur Anze
Datum gepubliseer: 28 Julie 2016 Aantal woorde: 134 923 Kere gelees 8

hier waar ek my voetspore in jou hart kom lê
bring ek ‘n belofte dat ek mandjies vol sterre
net vir jou sal pluk, jou kroon met die goue son
want ek is vir ewig jou skadu – jou ligbron

sien jy die kraters op die maan
my lief, dit is hoe diep my liefde gebaan,
inge-ets, gebeitel lê en jy ook in die donker
met blinde vingers my liefde kan verstaan

hoor jy in die fluister van die wind se stem
dis lirieke uit my hart vir jou gestem
sodat ons saam kan sing en lag
meer van die liefde kan leer

Koor:
as son dan oor kim kom breek
doudruppels voor sonskyn wegsweet
weet vas en seker –
ons harte funksioneer as een,
dat ek vir ewig, jou skadu sal wees

© Anzé Bezuidenhout




TEMAS
6 Kommentaar
  1. Palet

    28 Julie 2016

    Soos altyd..pragtig!

  2. Vonnie

    28 Julie 2016

    Anze, baie dankie dat jy nie op jou laat wag het met die inskrywing van jou gedigte nie hoor. Die eerste vir Augustus, die begin maand van ons kompetisie. Laat hulle maar kom, gedigte by die dosyne!

  3. Kiekies

    28 Julie 2016

    Pragtig, want hiermee kan ek vereenselwig!

  4. neels

    28 Julie 2016

    die liefdeskoningin aan die werk om aan die liefde n nuwe betekenis te gee

  5. Arnold

    28 Julie 2016

    Hou hiervan.

    “hoor jy in die fluister van die wind se stem
    dis lirieke uit my hart vir jou gestem
    sodat ons saam kan sing en lag
    meer van die liefde kan leer”

  6. LadySoul

    1 Augustus 2016

    Jy het regtig n gawe om te skryf. Jy mag maar!!! Xxx

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 239
Kommentaar telling: 2628

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 103 gaste aanlyn

Bydrae Totale