Jongste aktiwiteit:

Ek hoor jou

Ek hoor jou nog
maar ek luister nie
jy raak my aan
ek voel jou nie

Jou perfekte hande
streel my nie
aanplak trane
skeel my nie

Jou hartseer stories
raak my nie
Jou heimwee hart
traak my nie.

Stil, die valse deuntjies wat jy sing
Stik aan die leuens wat jy opkook!
Soos tyd vir my genesing bring
skenk dit wysheid aan my ook.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed