Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ek bring vir jou

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 15 Januarie 2020 Aantal woorde: 79 30 Kere gelees Hou van

ek bring vir jou

‘n pragtige rooi see sterretjie

met beentjies grof en pienk gekleur

wat klaar droog geword het op strand

maar darem nog sy kleur behou

ek bring vir jou

so baie herinneringe van die see

daar waar ons saam in golwe gespeel het

soos wafferse dolfyne baljaar het

saam groot geword het

ek bring vir jou

my laaste geskenkies

dit wat jy dalk sal waardeer

die ouer gedagtes van liefde

net om te koester

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 756
Kommentaar telling: 116

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 50 gaste aanlyn

Bydrae Totale