Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Ek begrawe vir jou ‘n storie

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 4 Maart 2020 Aantal woorde: 143 44 Kere gelees 2

Dis die tiekies op die spoor-
“wat is ‘n tiekie?” sou jy vra;
die klein-bietjie-liefde,
‘n knippie sout, ‘n bietjie blou
opgevou om té hou.

“Wat nog” sou jy sê
‘n hardeskyf met liedjies
en prente van diertjies en allerande goetertjies-
‘n sonkrag herlaaibare arsenaal
als op digitaal-dis hoe hy werk.

‘n Doos gemerk ‘spesiaal’-
“Hoekom spesiaal?” sou jy vra;
Want hierin bêre ek vir jou die geure-
‘n bietjie boegoe, ‘n bietjie olieverf, ou boeke, pastelle
en woorde vir jou sintuie.

“Wat is oudhede” hoor ek jou uiter
alles wat kennis sou dra-
soos hier ingesluit:
dit wat was en dit wat is,
die ek in jou en die jy in my.

“En die pakkie gemerk Triomfboog?”
Dit is die klein saadjie-wag hy sal ontkiem;
Sien jy die reënboog-dáár bó?
Dit is waar, ek waak…

©Morné du Preez




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    4 Maart 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2020 – Triomfboog projek

  2. Seirdna

    5 Maart 2020

    Baie goed Morné. ‘n Wenner hierdie!

  3. morne du preez

    5 Maart 2020

    Dankie Andries ek voel nogal of hy ‘n “Triomfboog” is.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 86
Kommentaar telling: 57

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale