Titel: Einde
Deur Koos Elsum

einde siklus
is onafwendbaar
vir natuur en gees
die vloed spoel
oor ons bestaan.
einde bedreig alle dinge
as verwoesting
van veld tot mens
as walgende stank rook
oor die ashoop.
einde in alle dinge
is vernuwing
van gras tot heilig kennis
as skoon asem
wat styg uit siele kompos.
TEMAS