Jongste aktiwiteit:

Eggo’s in rooi

waar verpletterende klanke
in doodse stilte weergalm
eggo lapmure verdoemend
onder die kletterklanke
van onsigbare
braille letters

verlorenheid word
teen haar siel afgeets
as woordswepe
met doringdraad gevleg word
staan sy moedverlore
agter bloedrooi lyne
van mensgemaakte gordyne
waar sy vir uitkoms veg

dit is dan die donker stilte
van ‘n onregverdige lewe
wat haar laaste poging
tot ‘n skewe glimlag
ru wegsteel

nou sal sy haar finale asem
met die sesvoet diep
reuk –
van rooigrond deel

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed