Jongste aktiwiteit:

eer

wanneer die son so skyn
dat die sand oranje kleur
en die wind het gaan lê
dan blink my hart se ster

oorkant die baai lê berge
in skakerings van blou
mistige silhoeëtte figure
wat kom en gaan in lig

hier by my breek meeue
skulpdiere se doppe oop
slurp die binnegoed op
in luidkeelse genieting

speelse sandlopertjies
draf stil heen en weer
my siel is rustig en stil
in eerbare danksegging

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed