Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: eenvoud

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 16 Julie 2019 Aantal woorde: 98 77 Kere gelees 2

modder trapsels tussen tone
troebel water uit fontein se borrel
kleilat oorloë wat gewen moet word
hartseer by eerste bok se verglaasde oë
flinkheid by ontbyt tafel met pap en kaiings
vermurwe hart na eerste nooientjie se klapsoen
lam lyf na hoogste sprong oor “taro” die luislang
lekker sny van winter lug deur moeë longe
pompende adrenalien van vinnige draf
druppel traan na laaste kluit oor kis
tot ons weer sien my seun
tot ons weer sien my pa
skim van voordag lig
saam met bosbok
se bravade blaf
tinktinkie
vroetel
stemmetjie
in die ruie gras

©Teárlach




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    17 Julie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek

  2. Kiekies

    17 Julie 2019

    Ahhh dis mooi!!

  3. Tearlach

    18 Julie 2019

    Baie dankie Anze en Kiekies. Ek waardeer julle opbeurende woorde sommer baie.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 584
Kommentaar telling: 82

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 64 gaste aanlyn

Bydrae Totale