Titel: Eenheid van ons (Brons)
Deur Paula Paxton
Knus in jou omhelsing
vorm ek myself
teen die aambeeld
van jou warm lyf,
waar ons tussen stiltes
lang gesprekke voer,
sonder woorde,
sonder stem.
In ons eenheid
is woorde oorbodig
want met ons koesterende liefde
het ons ewige samesyn
TEMAS
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek