Jongste aktiwiteit:

Een dagbreek, as die lente blom

spit ek pers viooltjies uit my tuin
en dra dit ver, tot in jou erf
om dáár te plant
waar smiddags laat
skadu’s oor jou landskap verf

wie gaan daar,
sal jy dalk wonder
(wyl voëltjies skemeroggend sing)
– dis ek, dis ék
wat blomme na jou akkers bring

en jy sal wis, as jy dit sien
wievandaan dit kom –
so uit my tuin
so uit my hart…
as pers viooltjies vir jou blom

© Carma Shaw
1 September 2019
4:38




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed