Jongste aktiwiteit:

een dag in die baai

mooi is die golwe vandag
meeue baljaar vrolik en vars
wanneer hul witmossels knars
na die simfonie van die nag

helder speel sonlig oor die baai
vistreilers se enjins brul in koor
kom tuis voor die groot gehoor
blink lê snoek lywe op die kaai

dof skuil woongebiede onder rook
daar is werk vandag die vis loop
waar fabrieke droë vismeel stook

©Teárlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed