Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: een dag in die baai

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 22 Mei 2019 Aantal woorde: 64 89 Kere gelees 2

mooi is die golwe vandag
meeue baljaar vrolik en vars
wanneer hul witmossels knars
na die simfonie van die nag

helder speel sonlig oor die baai
vistreilers se enjins brul in koor
kom tuis voor die groot gehoor
blink lê snoek lywe op die kaai

dof skuil woongebiede onder rook
daar is werk vandag die vis loop
waar fabrieke droë vismeel stook

©Teárlach




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Kiekies

    22 Mei 2019

    Mooi man, ek sien dit.

  2. Tearlach

    22 Mei 2019

    Dankie vir jou mooi aanmoediging Kiekies. Ek waardeer dit baie.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 543
Kommentaar telling: 74

Gebruikers Aanlyn

5 Lede, 118 gaste aanlyn

Bydrae Totale