Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: duik van die kormorant

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 8 Desember 2019 Aantal woorde: 106 53 Kere gelees Hou van

wit golf rantjies skitter blink
ligte see briesie waai daaroor
die see wriemel van vis vandag
skole harders van alle grootte
swiep en swenk deur blou see

daaroor hang swerms seevoëls
wit meeue en swart kormorante
wat duikend hul vissie afmerk
swart nek reguit uitgestrek
skiet dodelik af pen sy prooi

ander dryf op water in honderde
soos kurk proppe omdop en vreet
kroppe later so versadig en groot
dat hul laag moet begin watertrap
te kan opstyg uit die besige see

daarin bly die sierlike duik
van die kormorant so mooi
wonder waar hy weer sy kop
gaan uitsteek om te flikflooi

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 726
Kommentaar telling: 114

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 28 gaste aanlyn

Bydrae Totale