Jongste aktiwiteit:

druppels reën

my duin verdwyn in grys
oor die ronding van die see
pak donker blou wolke saam
ry op ry wit geverfde huisies
salueer met nat grys dakke
wanneer vet druppels val
dowwe akoestiese bas
kondig donderweer aan
wat brullend oor die see
golwe wit skuim-perde
die strand op jaag
waar bouers
haastig
die aftog
blaas

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed