Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Drome wat sing

Deur Palet
Datum gepubliseer: 26 Februarie 2021 Aantal woorde: 112 58 Kere gelees 2

Het mens maar net geweet
wat die lewe alles van jou gaan vra
het mens maar net so bietjie gesien wat nog gaan gebeur
dan kon jy soveel hartseer keer

Miskien moet jy net meer in jouself glo
en leer om daardie gevoel te vertrou
begrawe al jou foute
dit is waar! Dan gebeur wonderlike dinge

Leer van liefde, van sy wonderlike betowering
maar ook sy ongenaakbaarheid
wees lief sonder om te twyfel
of te veel vrae te vra

Huil
Lag
Moenie tou opgooi
Behou jou geloof

Feëverhale het gelukkige eindes
mag jou drome vir jou sing
Mag die wind al jou skadu-monsters wegwaai
sodat jy lief kan wees, net wees




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 418
Kommentaar telling: 357

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 97 gaste aanlyn

Bydraes – Argief