Jongste aktiwiteit:

Droë blare binne my.

Ek dink ek moet ’n vuurtjie maak.

Nee,
nie vir braai nie
ook nie om my te help ontslae raak
van die ontydige klouende koue binne my nie

maar
om die droë blare in my tuin te brand.

Droë blare binne my.
Droë blare wat al die geheime seer
en al die geheime kwaad
wat ek steeds binne my ronddra
bedek.

Wegsteek.

Droë blare
wat ek oor my vrolike sonskyn geel blomme hark.
Droë blare
wat ek oor my grasgroen gras hark.

Droë blare wat die mooi
die skoon
die hoop
die liefde

die magic in my
verberg.

© Anria (27/01/2016)




... daar is altyd Hoop.

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed