Jongste aktiwiteit:

Dringende gesprekvoering met alle aktiewe INK-lede

Ek wil graag ‘n situasie aanspreek en versoek dat alle aktiewe lede hierdie gorrel sal lees en in die kommentaarspasie reaksie hierop lewer. Of stuur n privaat boodskap op INK sou u dit so verkies.

Ek wil allereers net aan elke lid die versekering gee dat elke lid van INK belangrik is en dat ons poog om te alle tye julle beste belange op die hart te dra. Indien enige lid voel dat die bestuur van INK u op enige manier te nagekom het wil ons byvoorbaat onverskoning vra. INK behoort aan Afrikaans en aan u as INK-lid, die bestuur is maar net die pione agter die skerms wat die administratiewe werk doen en kyk dat alles vlot verloop op die webblad. Elke INK-lid moet en kan dus in vrymoedigheid hulle plasings doen, aangesien julle eer en opinie ook belangrik is.

Lede moet ook asb kennis neem dat by elke kompetisie waar daar pryse aangebied word deur ‘n borg, die borg die wenners kies en dat die INK paneel geen invloed of insae in die keuse van wenners het nie. Ongelukkig het ons een geval gehad waar ‘n borg weens onvoorsiene finansiële probleme moes onttrek, en aangesien ons reeds die verwagting van ‘n gedenkbundel by die lede geskep het, het die INK bestuur ter goede trou besluit om dan steeds die bundel op eie stoom saam te stel. Die bundel sal dan die beste werk van soveel moontlike INK-lede bevat.

Dit is onder my aandag gebring deur ‘n lid dat daar ‘n algemene ongelukkigheid onder die lede bestaan aangaande die betrokke bundel, kompetisies en reëls. (Hier word in besonder gepraat van die gedenkbundel). Ek was onder die indruk dat ekself en die moderator genoegsaam gekommunikeer het aangaande die onvoorsiene veranderinge wat die bundel betref en spesifiek oor die tema vir die inskrywings. Daar is op ‘n gereelde basis gekommunikeer dat die oorspronklike borg onttrek het, en dat daar by die afsny datum nie genoeg inskrywings vir die projek was om ‘n 120 bladsy bundel die lig te laat sien nie. Ons het in ‘n algemene gorrel versoek dat lede vir ons toestemming gee om vorige geplaasde werke vir die gedenkbundel te gebruik. Daar is ook gevra dat lede wat dit nie goedkeur nie vir ons ‘n aanduiding moet gee dat hulle werk nie gebruik mag word nie.

Aangesien dit baie belangrik is dat die lede gelukkig en rustig moet wees as hulle die INK webwerf gebruik, sal dit baie waardeer word indien ons as INK-groep hierdie saak kan hanteer en uitsorteer. Ek vra weereens onverskoning as ek per abuis iemand te na-gekom het.

Met die grootste dank
Anzé




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed