Drie Haikoes vir digters
1-Vroeg oggend
95 unleaded met handbriek draaie
koppe wat omdraai vir ‘n nooi in ‘n skrapse broekie
die swart ink spoeg
2-Kom van droom
Die dood van ‘n leë-wit-bladsy
‘n mot is maar ‘n mot
daar is mense met klip
koue lang bier vir die glas
daar is woorde in my tas
hoë droog is droog
3-Laat in die nag
kaal slaap die warm somer nag
daar is ‘n kluis vol woorde
buite op die stoep, buite op die stoep
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.