Doudruppel-trane (Silwer)
Ek kniel vanaand voor U voete neer,
O Heer
deur al die seer van ons gisters
oor al die vrees van ons môres
Die verlore tyd in ons reis
die branders wat so om ons druis
om dit te laat verdwyn
sodat die son weer oor ons sal skyn
Mag ons voete altyd weet waarheen ons gaan
mag ons harte rus kry
mag ons oë ons visie terugkry
mag ons die dieper lyne van die lewe verstaan
Die donker ure se growwe grou hande
weerloos word in my siel se aanvalle
die nydige woorde en tonge,
soos doudruppel-trane sag in die laaste strale van die dag wegkwyn
3 Kommentare
-
Elizabeth
Sjoe, dis lieflik geskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek